Maak skuld, beperk invoere, bevorder uitvoere sê !Gawaxab

Die goewerneur van die Bank van Namibië Johannes !Gawaxab het ‘n beroep gedoen op besighede wat negatief deur die pandemie beïnvloed is, om gebruik te maak van lenings wat daargestel is deur die ministerie van finansies. Volgens !Gawaxab is die enigste vereiste dat die besighede ‘n goeie rekord voor die pandemie met die betrokke instelling gehad het. Die Ontwikkelingsbank van Namibië het ook ‘n fasiliteit van amper 500 miljoen Namibiese dollar maar, volgens berigte is besighede traag om geld te leen. !Gawaxab sê besighede moet ook daarop fokus om invoere te beperk met plaaslike produksie, en om uitvoere ‘n hupstoot te gee. In sy mening is dit die enige manier wat die plaaslike ekonomie op die langtermyn sal floreer.