Maak reg om in sensus getel te word

Vanaand is die bevolkingsensus-verwysingsaand, waar almal in die land, ongeag nasionaliteit, ouderdom of sosiale status, getel gaan word. Mense sal getel word waar hulle gevind word, en dit is belangrik om te weet en te onthou wie in jou huishouding op die verwysingsaand geslaap het. Namibiërs wat nie gedurende die verwysingstydperk in die land is nie, sal nie getel word nie. Die Namibië statistiekagentskap sê data wat deur die sensus-telling vasgelê word, sal onder meer finansieringsbedrae vir noodsaaklike programme bepaal.