Maak julle reg vir nog hitte

Die gemiddelde temperatuur in Desember in Namibië het op 24,8 grade Celsius gestaan. Dit is 0,6 grade Celsius bo die 1991-tot-2020 gemiddelde, volgens die Namibië Meteorologiese Diens se jongste Climate Watch-verslag. Die Karas-, Hardap- en Kunene-streke het drie weke van meer as 35 grade Celsius ervaar, terwyl die Khomas-, Omaheke- en Otjozondjupa-streke temperature bo 35 grade in die laaste twee weke van Desember aangeteken het. Kosmos 94.1 Nuus het met Odilo Kgobetsi van die Windhoekse weerkantoor gepraat, wat sê dit gaan warm bly oor die grootste deel van die land.