Lykshuispersoneel ontvang ‘lewendige’ lyk!

Personeel by ‘n lykshuis in Sjanghai, China, het hulle lam geskrik toe hulle ‘n lewendige man in ‘n lyksak ontdek het. Hulle was besig om die liggaam uit ‘n lykswa te laai toe hulle die ontdekking gemaak het. Die man is glo ‘n inwoner van ‘n ouetehuis, en is daarheen teruggeneem. Daar word berig ‘n lid vna die publiek wat die voorval op video vasgelê het, sê die ouetehuis was in ‘n haglike toestand. Owerhede het vyf beamptes oor die fout gestraf en ‘n dokter se lisensie om te praktiseer is teruggetrek.