Lykshuise was reeds vol voor pandemie

Net soos daar ‘n tekort is aan hospitaalbeddens, is daar ook ‘n tekort aan spasie in lykshuise. Die Namibiese minister van gesondheid dr. Kalumbi Shangula sê daar is baie druk op die oomblik. Lykshuise was nie leeg voor die derde vlaag die land bereik het nie en media berig reeds ‘n geruime tyd oor oorskot wat nie opgeëis word nie en van die oorskot word reeds vyf jaar in verskeie lykshuise regoor die land gehou. In die afgelope twee weke is amper 150 sterftes as gevolg van Covid aangemeld. Shangula het bygevoeg dat 936 sterftes tot dusver aangemeld, ver bo die voorspelde 934 sterftes.