Lyk asof verregse party Italië vat

Giorgia Meloni gaan volgens aanduidings Italië se eerste vroulike eerste minister en die eerste verregse politikus word wat die hoof van ‘n regering in ‘n belangrike ekonomie in die Euro-sone is. Peilings toon haar Broers van Italië-party kan tussen 22- en 26-persent van die stemme wen. Die volledige uitslag word vandag verwag. Italië se hoofgroep links van die sentrum, die Demokratiese Party, het hulle nederlaag erken. Meloni sê Italiaanse kiesers het ‘n duidelike mandaat aan regses gegee om die nuwe regering saam te stel en sy doen ‘n beroep op eenheid om die land se vele probleme op te los.