Lukashenko sal moet boet – EU

Die President van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê Belarus sal boet vir sy verregaande en onwettige optrede. Dit volg nadat ‘n vlug van Ryanair na Belarus se hoofstad, Minsk, herlei is om ‘n kritikus van dié land se regering in hegtenis te neem. Die owerhede het Roman Protasevich op die lughawe in hegtenis geneem nadat hy verslag gedoen het oor protesoptrede teen die president, Alexander Lukashenko, wie se herverkiesing vir ‘n sesde termyn verlede jaar internasionaal betwis word. Die vlug het uiteindelik sewe uur ná sy geskeduleerde aankomstyd in die Litause hoofstad, Vilnius, geland.