Luister vandag na Stad Whk se kandidate

Vandag gaan die vyf kandidate vir die posisie van die uitvoerende hoof van Stad Windhoek hul openbare aanbiedings as deel van hul onderhoudsproses doen. Die kandidate is Conrad Lutombi, Moses Matyayi, dr. Eino Mvula, Joyce Mukubi en Charmill Zamuee. Die onderhoude begin vanoggend om tien-uur en sal tot drie-uur vanmiddag duur en kan op Stad Windhoek se Facebook-blad regstreeks gevolg word. Die woordvoerder van die Stad, Lydia Amutenya, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.