Lui lui telefoon by 12 Gautengse staatshospitale

Bekommerde familielede sukkel om deur te kom na 25 Gautengse staatshospitale wat vanjaar skakelbordprobleme ondervind. Van die hospitale sukkel al meer as tien jaar lank met voortdurende telefoonprobleme. Jack Bloom van die DA sê die Weskoppies-hospitaal word die ergste geraak en het van 2006 af gereeld skakelbordprobleme, terwyl die Sterkfontein-hospitaal al van 2012 af hiermee sukkel.