Lugmagvlieënier beseer in vliegtuigongeluk by OndangwaOctober 15, 2021

‘n F7-vegvliegtuig van die Namibiese lugmag was by die Ondangwa-lughawe in ‘n ongeluk betrokke toe die landingsvalskerm wat die spoed tydens landing moet breek, nie oopgegaan het nie. Volgens kaptein Oskar Plichta, die vliegtuigongeluk-ondersoekbeampte in die ministerie van werke en vervoer, het die vliegtuig aan die anderkant van die aanloopbaan afgegaan en teen die sekuriteitsheining gebots. Die vlieënier, die enigste insittende, is beseer. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *