Lüderitz-lughawe weer oop vir alle lugverkeer

Die Namibië Lughawensmaatskappy kondig aan dat die Lüderitz-lughawe weer volle bedrywighede hervat het, nadat hy sedert Woensdag meganiese probleme met die brand-en-reddingvragmotor ondervind het. Dan Kamati, die Lughawensmaatskappy se woordvoerder, sê in ‘n verklaring die planne wat hulle geaktiveer het was geslaagd, en beide vastevlerkvliegtuie en helikopters kan weer die lughawe gebruik. Die Lughawensmaatskappy sê die staking van bedrywighede was nodig om “Veiligheid eerste” te prioritiseer.