Lüderitz Kreeffees gaan groot makietie wees

Alle paaie lei die komende langnaweek na Lüderitz waar die Kreeffees tot 2 Mei by dié hawedorp in die Suide gaan plaasvind. Die feesvieringe val saam met die 15de Nasionale Jeugweek wat vanaf vandag plaasvind met die tema Agri-preneurship. Altesaam 250 jong mense van 121 kiesafdelings kom op Lüderitz byeen met die fokus op die landbousektor. Fluksman Samuehl, die uitvoerende hoof van die Lüderitz Waterfront Ontwikkelingsmaatskappy, vertel meer oor die Kreeffees.