Gauteng begin met griepinentingsveldtog

Die Gautengse departement van gesondheid het begin met die jaarlikse griepinentings-veldtog wat daarop gemik is om die oordrag van die griepvirus te keer. Die woordvoerder, Kwara Kekana, sê die inenting, wat gratis by staatsgesondheidsgeriewe toegedien word, teiken verskeie hoë-risikogroepe. Sy sê dit sluit in gesondheidssorgwerkers, mense ouer as 65 en inwoners van ouetehuise, swanger vroue en kinders tussen ses maande en nege jaar met chroniese siektes.