LPO sê daar’s goeie vooruitsigte vir veebedryf

Met goeie reënval wat in die meeste dele van Namibië voorgekom het, kan ‘n goeie jaar vir die veebedryf in vergelyking met verlede jaar verwag word. Verlede jaar het nie alle boere goeie reën ontvang nie. Sommige boere het hul vee weens die verwoestende droogte verloor en ander moes hul vee verkoop. Thinus Pretorius, voorsitter van die Lewendehawe Produsente Organisasie, is hoopvol vir die veebedryf.