LPM wil sy beleid oor voorvaderlike grond by Pan-Afrika Parlement bevorder

Die leier van die Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi, wat by die Pan-Afrika Parlement ‘n setel ontvang het, sal die party se beleid in verband met voorvaderlike grond aan die liggaam voorlê. Swartbooi is een van drie verteenwoordigers van drie Namibiese politieke partye wat op die parlement dien. Volgens berigte sal Swartbooi die party se beleid, wat reparasies insluit, aan die parlement voorlê vir debat. Die doelwit hiervan is om bewustheid te skep en dan, saam met druk deur burgerlike organisasies, druk op regerings toe te pas om die beleid te implementeer. Swartbooi sê dat die resolusies van die tweede grondkonferensie ook aandag benodig omdat die meerderheid nog nie geïmplementeer is nie.