LPM wen in hooggeregshof

Die LPM-party se leiers Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb het hulle appèl teen die speaker van die Nasionale Vergadering professor Peter Katjavivi se verbod op hulle teenwoordigheid in die kamer gewen. Die party se woordvoerder, Joyce Muzengua, sê dis ‘n oorwinning vir die reg van die publiek.