LPM verwerp GRN se volksmoord-onderhandelings

Die LPM-party het die naweek ‘n volksmoord-seminaar gehou en het met verskeie rolspelers en belanghebbendes beraadslaag. Die party verwerp die regering se onderhandelings met Duitsland. Volgens Joyce Muzengua woordvoerder van die party, kan die regering nie met enige reparasiefondse vertrou word nie.

Die Namibiese media-ombud, John Nakuta het ook die seminaar bygewoon. Hy sê Duitsland se aanslag op die volksmoord-kwessie is nie regverdig nie.