LPM se volksmoordkonsultasies ‘n reuse-sukses

Die leier van die Landless People’s Movement Bernadus Swartbooi sê hul openbare konsultasies oor die volksmoord ooreenkoms tussen Duitsland en Namibië was ‘n reuse-sukses. Die party het sewe politieke streke, 32 dorpe en nedersettings besoek en met ten minste 5 800 Namibiërs van geraakte gemeenskappe vergader. Swartbooi sê gemiddeld 180 mense het elke vergadering besoek in die streke van Ohangwena, Karas, Kunene, Hardap, Oshikoto, Omaheke en Erongo, en die gemeenskappe verwerp die ooreenkoms. Die laaste vergadering sal op 27 November in Windhoek plaasvind.