LPM se Labuschagne looi GRN oor Visie 2030

Die raadslid vir die Keetmanshoop landelike kiesafdelings, Willem Labuschagne, sê daar is niks wat die regerende Swapo-party kan doen om te verseker dat Namibië Visie 2030 in die volgende ses jaar bereik nie, aangesien hy in die afgelope 34 jaar versuim het om dit te doen. Die LPM-lid sê die handelsministerie ontvang ook nie genoeg begroting om industrialisasie te bewerkstellig nie maar die weermag kry miljoene. Hy sê onafhanklikheid is ‘n droom met baie hoopvolle inhoud, solidariteit, vryheid en geregtigheid, met beloftes van werkskepping, behuising, toegang tot gesondheidsorgdienste en grondlewering, maar 34 jaar later is daardie droom steeds nie verwesenlik nie.