LPM sê hy staan goeie kans om in die hof te wen

Die dringende aansoek deur die Grondlose Mense Beweging om weer toegang tot die Nasionale Vergadering te verkry is vandag deur Regter Kobus Miller aangehoor. Volgens die party se Woordvoerder Joyce Muzengua het hulle regsverteenwoordiger baie sterk argumente gevoer en hulle saak is baie sterk.