LPM sal 6 Mei weet

Uitspraak is voorbehou in die dringende aansoek deur die Grondlose Mense Beweging om weer toegang tot die Nasionale Vergadering te verkry. Regter Kobus Miller het die aansoek vanoggend aangehoor en keerdatum vir 6 Mei gestel. Die leier van die LPM, Bernadus Swartbooi het buite die hof met die media gepraat.