LPM reageer op verdoemende kontras op Onafhanklikheidsdag

Onafhanklikheidsdag was baie dinge maar, niemand kon dit oninteressant noem nie. Sosiale media is vol plasings en menings oor die chaos in Windhoek, sowel as die chaos op Outapi, veral met die middagete. Maar, meeste meen dat dit verdoemend is dat die elite heerlik op Outapi gekuier het terwyl die Namibiese polisie hardhandig met werklose jeug in die hoofstad omgegaan nie. Die LPM sê dit is ironies dat jongmense wat hulle fundamentele regte uitoefen, aangeval word deur owerhede… die party se woordvoerder Lifalaza Simataa het die party se mening so verwoord.