Covid: Chinese blameer wasbeer-honde, en verwyder toe data

Data van Chinese owerhede blameer sogenaamde wasbeer-honde vir die uitbreking van Covid. Die data is gelaai op ‘n globale databasis deur wetenskaplikes in daardie land maar, is kort daarna verwyder. Die virus is in Desember 2019 in Wuhan geïdentifiseer met talle wat glo die Huanan dieremark is die oorsprong. Meer as 7 miljoen mense is dood. Die data toon dat talle diere in die mark wel Covid teen daardie tyd gehad het en dat die perseel moontlik die oorsprong van die pandemie is. Daar is onlangs ook bespiegel dat Covid vanuit ‘n laboratorium lek ontstaan het.