LPM meld chaos by een Swakop-stemlokaal aan

Chaos het by een van die stemlokale in Swakopmund uitgebreek nadat sommige lede van die Landless People’s Movement ’n polisiebeampte by dié stasie daarvan beskuldig het dat hy kiesers intimideer. Die partylede, wat LPM-parlementslid, Henny Seibeb insluit, het die polisiebeampte daarvan beskuldig dat hy die ingang van die DRC Projekskool-stemlokaal versper het, toe kiesers probeer inkom het. Seibeb sê die beampte het die kiesers wat probeer om die stemlokaal binne te gaan, geblokkeer en geïntimideer, in plaas daarvan om hulle beleefd te vra om op ‘n ordelike wyse tou te staan terwyl hulle op hul beurt wag.