LPM-leier bekommerd oor druiweplaas by Aussenkehr

Seisoenale werkers van een van die grootste druiweplase in die Suide by Aussenkehr, First Grapes Namib, sê hulle is onseker of hulle kan terugkeer werk toe nadat hulle ‘n maand nie gewerk het nie. Na bewering is daar ook konflik tussen die bestuur en die werkers. Vandag in die Nasionale Vergadering het die leier van die Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi, die handelsminister, Lucia Ipumbu, gevra waarom het hulle ‘n onbevoegde bestuurder aangestel as hy voorheen in ‘n bestuurspos misluk het. Swartbooi is ook bekommerd oor die druiwe-oes op die plaas.