LPM-jeug skaar hom by eSwatini aktiviste

Die Landless People’s Movement se jeug skaar hulle agter die pro-demokrasie betogers in Eswatini teen koning Mswati III. Duminga Ndala van die beweging het gesê hulle ondersteun die mense van Eswatini ten volle, veral die jong, dapper militante wat teen die verdrukking van die diktator, koning Mswati III en sy familie opstaan. Intussen sê Human Rights Watch sê die jongste vlaag van protes in eSwatini is ‘n wekroep vir die koning en die regering om gehoor te gee aan wettige eise op hervorming. Dewa Mavhinga van Human Rights Watch sê dat eenheid in die streek nodig is om Eswatini te lei na ‘n kultuur van politieke diversiteit en verantwoordelikheid.