LPM: Infrastruktuur by Dobe-grenspos is ‘n wit olifant

Tydens die Nasionale Vergadering vandag het die Landless People’s Movement-parlementslid Henny Seibeb vrae aan die minister van landbou, Calle Schlettwein gerig met betrekking tot die konstruksie van fasiliteite ter waarde van 66 miljoen Namibiese dollar by die Dobe-grenspos naby Tsumkwe tussen Namibië en Botswana. Hierdie infrastruktuur sluit in personeelbehuising en veeartseny-kantore by die grenspos wat nie gebruik word nie. Seibeb sê dit is ‘n wit olifant.