LPM hou betoging op Rehoboth teen geslagsgeweld

Die Landless Peoples’ Movement se vroue-liga sal vanmiddag om twee-uur in Rehoboth se Blok E ‘n betoging hou by die Vredesboom tot by die Rehoboth-landdroshof. Die betoging is ter ondersteuning van geregtigheid vir wyle Charmaine Saron wat onlangs in Windhoek vermoor is. Saron van Rehoboth se liggaam is met 24 meswonde agter die ELCIN-perseel in Katutura ontdek. Die party sal ook betoog teen die moorde op vroue en meisies. Eneas Emvula, die party se woordvoerder gesels met Kosmos 94.1 Nuus.