Biden kritiseer hooggeregshof beslissing oor versteekte wapens

Die Amerikaanse President Joe Biden sê die hooggeregshof se beslissing druis in teen gesonde verstand en die grondwet, en dit behoort almal diep bekommerd te maak. Die hof het ‘n New Yorkse wet opgehef wat bepaal enige persoon wat ‘n versteekte handwapen in die publiek wil dra, moet bewys dat hulle ‘n goeie rede daarvoor het. Daar is sedert die begin van die jaar reeds 277 massaskietvoorvalle aangemeld. Biden doen ‘n beroep op Amerikaners regoor die land om hulle stemme te laat hoor oor wapenveiligheid en voeg by lewens is op die spel. Kenners meen die beslissing beteken dat ook dat passasiers op ‘n vliegtuig ‘n versteekte wapen mag dra, omdat dit hulle grondwetlike reg is.