LPM hou beleidskonferensie voor verkiesingsjaar

Die Landless Peoples Movement se tweede volksvergadering en beleidskonferensie vind by die Gateway-konferensiesentrum in Windhoek plaas. Die geleentheid is die politieke party se tweede nasionale kongres, waar 500 afgevaardigdes van regoor Namibië deelneem om die party se standpunte en posisie te formuleer. Bernadus Swartbooi, die party se leier, het met die afgevaardigdes gepraat oor wat volgende jaar voor die verkiesing vir hulle voorlê.