Kommer oor NGV in buurland brei uit

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging is besorg oor die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering en hou vol dit gee nie aandag aan belangrike kwessies oor gesondheidsorg nie. Hoewel die wetsontwerp deur die Nasionale Raad van Provinsies aanvaar is en nog deur president Cyril Ramaphosa onderteken moet word, sê Sama se voorsitter, Mvuyisi Mzukwa, die twyfel bestaan of die gesondheidsorgsektor aan die mandaat van die wetsontwerp kan voldoen. Hy sê Sama ondersteun universele gesondheidsdekking, maar betreur die gebrek aan raadpleging met die vereniging tydens die formulering van die wetgewing.