LPM gee sy standpunt oor rooilyn

Die veterinêre kordonheining, of rooilyn, is ‘n veesiekte-beheermeganisme wat Namibië se beesvleis-uitvoerbedryf beskerm teen veesiektes, soos bek-en-klouseer en longsiekte. Oor die jare het hierdie bedryf ‘n reputasie opgebou as verbind tot hoë standaarde. Dit stel Namibië in staat om vleis uit te voer na lande in die Europese Unie en ander, soos die Verenigde Koninkryk, Noorweë en Suid-Afrika. Met die verkiesing om die draai, is dit belangrik om te weet wat politieke partye se standpunte is oor kwessies wat almal raak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lifalaza Simataa, woordvoerder van die Landless Peoples Movement, oor die party se standpunt oor die rooilyn.