LPM bespreek môre Swakopmund-tussenverkiesing

Die Landless People’s Movement se leiers Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb hou môreoggend om elf-uur ‘n mediakonferensie op Swakopmund. Dit sal fokus op die Swakopmund-tussenverkiesings, haatspraak deur Katrina Hanse-Himarwa en doelbewuste ekonomiese ondermyning van sommige streke, asook ander kwessies. Die publiek is welkom om by die konferensie aan te sluit, sê Eneas Emvula, woordvoerder van die party, aan Kosmos 94.1 Nuus.