LP-salarisse in die soeklig

Lede van die publiek bevraagteken soms die salarisse wat lede van die Namibiese parlement ontvang. Sommiges meen die parlementslede doen te min om hul salarisse te verdien. Hierdie kwessie het weer onder die loep gekom toe onthul is dat die Popular Democratic Movement se ses verwerpte parlementslede ‘n bedrag van 35 000 Namibiese dollar per maand vir ‘n jaar sal ontvang. Die vraag van die publiek is waar hierdie geld vandaan kom. Die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Graham Hopwood, is aan die woord…