Los vuurwapens met Onafhanklikheidsvieringe by die huis

Die Namibiese verdedigingsministerie waarsku Namibiërs wat die 33ste Onafhanklikheidsvieringe môre op Outapi in die Omusati-streek bywoon, oor die afvuur van ‘n geweer-saluut van 21 skote. Die saluut sal om tien-uur die oggend plaasvind, tesame met ‘n skouspelagtige verbyvlug van vliegtuie en ‘n valskerm-vertoning. Die ministerie sê inwoners, veral dié in die Outapi-omgewing, moenie paniekerig raak oor die afvuur van militêre wapens en geraas van vliegtuie tydens die geleentheid nie. Die Namibiese polisie Omusati-streeksbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson het ‘n beroep feesgangers gedoen om in vrede te kom en gevaarlike wapens agter te laat. Sowat 15 000 besoekers word op Outapi verwag.