Nasionale stilstand nie so erg in Kaapstad

Ten spyte van opmerkings deur die EFF-leier, Julius Malema, dat sy party se nasionale stilstand hoogs suksesvol was, blyk dit dat daar tog nie so baie mense soos verwag aan die landwye protes-aksie deelgeneem het nie. Geen groot gevalle van geweld of plundering is aangemeld nie met veral in Kaapstad waar dit baie stil was vandag met enkele gevalle van oproerigheid en geweld. Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, luitenant-generaal Thembisile Patekile, sê daar was is ‘n handvol mense in hegtenis geneem in verband met die betogings. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt…