Lone: Eskom bied 1,5% aan

Eskom het gister ‘n loonverhogingsaanbod van 1,5 persent by die Bedingingsforum ingedien, op voorwaarde dat die arbeidsverteenwoordigers wysigings aan sommige diensvoorwaardes aanvaar. Dit is ondanks die metaalwerkersvakbond, Numsa en die Nasionale Vakbond vir Mynwerkers wat ‘n salarisverhoging van 15 persent in die 2021-2022-boekjaar eis, terwyl Solidariteit ‘n jaarlikse verhoging van 9,5 persent oor ‘n aantal jare wil hê. Numsa se Woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê Eskom doen sy werkers al vir jare in: