Londense winkel sluit na 170 jaar

Die hoofwinkel van ‘n Britse afdelingswinkelgroep wat reeds meer as 170 jaar lank sake doen, gaan sy deure in Oxfordstraat, Londen, sluit. House of Fraser is in 1849 in Glasgow, Skotland, gestig en het tans meer as 40 winkels in die Verenigde Koninkryk. Die eienaars het bevestig die winkel sal vroeg in Januarie sluit omdat die verhuurder weier om die huurkontrak te hernu en toestemming gekry het om die gesogte perseel te herontwikkel. Die maatskappy het nie bekend gemaak hoeveel werksverliese daar gaan wees nie.