Lof vir onderwys se nuwe skoolvoedingsplan

Die goewerneur van die Kunene-streek Marius Sheya het die onderwysministerie geloof vir sy Home Grown School Feeding Programme wat van stapel gestuur word. Die program teiken plaaslike produksie, sowel as skole se eie groentetuine om die skoolvoedingsprogram met voedsel te verskaf. Die program word amptelik Vrydag geloods in die Kunene-streek. Sheya sê dit is uitstekende nuus.