Local Tourism is Lekker sê Namibiese toerismesektor gaan na twee jaar groei

Een van die stigters van Local Tourism is Lekker het gereageer op herlewing van die toerismesektor na die aankondiging dat die Namibiese toerismeminister, Pohamba Shifeta, môre die toerismesektor gaan toespreek oor die kwessie. Yvonne von Holtz het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê sy verwag dat die toerismesektor wel gaan groei, maar nie binne ‘n jaar of twee nie.

Von Holtz het ook gesê dat rolspelers in die toerismebedryf, soos die ministerie en die Namibië Toerismeraad, hul bes doen om die bedryf aan die gang te hou.