Liverpool is uitgeskakel

Liverpool is uitgeskakel by die Kampioeneliga ná ‘n totale nederlaag van 6-2 teen Reál Madrid. Die Reds het in die tweede been met 1-0 verloor by die Bernabeu in Spanje. Liverpool, wat die eerste been met 5-2 by Anfield verloor het, het ‘n wonderwerk nodig gehad om die laaste agt te haal, maar Karim Benzema se doel in die 78ste minuut het daardie droom verpletter en die heersende kampioene die oorwinning besorg. Liverpool se bestuurder, Jurgen Klopp, sê hy is teleurgesteld, maar Madrid was die beste span: