LIV-reeks: Oosthuizen sê hy kry vinniger meer tyd met familie

Die LIV-uitnodigings-gholfreeks slaan vandag in Londen af. Talle spelers het hulle lidmaatskap van die PGA-toernooi opgesê om in dié reeks te speel wat deur Saoedi-Arabië befonds word en daar is berigte van miljarde Namibiese dollar wat aan spelers betaal is om deel te neem. Van die spelers sluit in die voormalige wêreld-nommer-een en tweemalige major-kampioen, Dustin Johnson, asook Suid-Afrika se voorste gholfspelers, Louis Oosthuizen, Branden Grace en Charl Schwartzel. Oosthuizen verduidelik waarom hy aan die reeks deelneem: