Lisa Marie op Graceland te ruste gelê

Lisa Marie Presley sal volgens ‘n familieverteenwoordiger naby haar pa en oorlede seun by die familie se Tennessee-landgoed, Graceland, begrawe word. Die sangeres is Donderdag na ‘n hartstilstand op die ouderdom van 54 oorlede. Sy was Elvis Presley se enigste kind. Haar seun, Benjamin Keough, het in Augustus 2020 op 27-jarige ouderdom selfmoord gepleeg. Sy word oorleef deur haar drie dogters Riley, Finley en Harper en haar ma, Priscilla.