Lionel Messi wen sewende keer Ballon d’Or

Sokker: Paris St-Germain se voorspeler Lionel Messi het ‘n rekord verbeter toe hy die sewende keer met die Ballon d’Or weggestap het. Hy het gisteraand in Parys die toekenning vir die wêreld se beste sokkerspeler ontvang. Die 34-jarige Messi het sy vaderland, Argentinië, gehelp om die Copa America, sy eerste internasionale toekenning, te buit. Hy het ook vanjaar 40 doele behaal – 28 vir sy vorige klub Barcelona, vier vir PSG en agt vir Argentinië. Bayern Munich se doelskopper Robert Lewandowski was tweede en Chelsea se middelveldspeler, Jorginho, was derde.