Internasionale toerismesektor verloor N$32 000  miljard weens Covid-19

Die Verenigde Nasies se Wêreld-toerisme-organisasie voorspel Covid-19 het vanjaar die internasionale toerisme-sektor 32 000 miljard Namibiese dollar aan inkomste gekos. Die organisasie sê internasionale toeriste-aankomste sal op 70 tot 75 persent bly, 19 miljard Namibiese dollar minder as in 2019 voor die pandemie toegeslaan het. Volgens die liggaam kan nuwe Covid-variante soos Delta en Omikron die reeds stadige herstel verder belemmer, ondanks onlangse verbetering in inentingskoerse wêreldwyd. Die organisasie sê 46 bestemmings wêreldwyd het hulle grense heeltemal gesluit.