Lindiwe Sisulu sou vir Jessie Duarte medisyne uit Rusland bring

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte beplan om in gesprek te tree met die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, se kantoor nadat sy beweer het sy het medisyne uit Rusland bekom vir die ANC se ontslape adjunk-sekretaris-generaal. Jessie Duarte is aan kanker dood voordat die medisyne in Suid-Afrika aangekom het. Die owerheid se woordvoerder, Yuven Gounden, sê daar is streng reëls en riglyne vir die in- en uitvoer van medisyne.