Lindiwe hersien vandag teolae aan kinders
Die buurland se minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Lindiwe Zulu, sal vandag die hersieningsverslag oor kinder-armoede en die kinderondersteunings-toelaag in Johannesburg bekend stel. Die omvattende oorsig ondersoek kinder-armoede en beoordeel die uitwerking en ontwikkeling van die toelaag, wat 13-miljoen kinders teen 510 Suid-Afrikaanse rand per maand, per kind bevoordeel. Die toegewysde kinderondersteunings-toelaag-begroting vir die 2022/2023-boekjaar is 77 miljard rand. Die woordvoerder, Lumka Oliphant, sê die bekendstelling is tydens Maatskaplike Ontwikkelingsmaand, ter viering van pogings om armoede en maatskaplike euwels uit te roei: