Limpopo-reservaat vier twee-jaar sonder enige stropery van renosters

Die Balule Natuurreservaat in Limpopo vier ‘n mylpaal nadat daar vir twee-jaar geen renosters in die reservaat gestroop is nie. Dit volg nadat die span gewerk het aan strategieë om stropery hok te slaan nadat Balule in 2017 die ergste renosterstroping-statistiek in die Oop Stelsel van die Groter Kruger ondervind het, met 17 vrektes uit die destydse totaal van 54 renosters. Die span se strategieë behels die instel van doeltreffende gemilitariseerde teen-stroperyspanne, streng integriteitstoetsing, die nuutste tegnologie en honde-eenhede.