Limpopo-polisie warm op Francois Swart se spoor

Die polisie in Limpopo is op soek na inligting oor waar ‘n vermeende vakansieverblyf-bedrieër hom bevind. Sy reisagentskap in Fourways, Priority Escapes, word beskuldig dat hy vakansieverblyfmaatskappye in Modimolle met duisende rande bedrieg het. Die polisie het sedertdien ‘n lasbrief vir die maatskappy se besturende direkteur, die 39-jarige Francois Swart, uitgereik. ‘n Saak van bedrog is in Augustus vanjaar by die Modimolle polisiekantoor geopen. ‘n Polisiewoordvoerder, Hlulani Mashaba, sê die klaer beweer Priority Escapes het twee maatskappye met meer as 130 000 Suid-Afrikaanse rand bedrieg: