14-jarige ondersoek vir moord op seun, 2

Die Namibiese polisie sê ‘n 14-jarige Namibiese seun word ondersoek vir die moord van ‘n twee-jarige seuntjie. Volgens die mag is die twee kinders saam gelaat deur hulle ouma, met die ouer een wat die kleintjie moes versorg het. Die polisie sê die 14-jarige het blykbaar die kleintjie met ‘n stok aangerand en die kind is op die toneel dood. Die voorval het , deur by die Ombudia-nedersetting, in die Okongo-kiesafdeling plaasgevind. Die kind is in die sorg van sy ouers geplaas terwyl die ondersoek aan die gang is. ‘n Lykskouing sal ook uitgevoer word.